Jy Laat Dit Maklik Lyk

2 views

Lyrics

Jou vat, jou lyf
 Jou fynbesnaarde bene
 Loop verby soos koringare
 En die manne val soos vlieë
 As jy 'n kyk of twee weggee
 Ek soek jou aandag al hoe meer
 Die woorde raak verdwaal hier in my mond
 Ek is gekwes ek weet ek is gewond
 En skielik weet ek dat jy
 Die eksie in perfeksie sit
 Jy laat, jy laat, jy laat dit so maklik lyk
 Jy weet, jy weet net wat doen daai stoute kyk
 Met die hart van my
 Kan ek 'seblief net my asem weer terug kry?

 Jy weet, jy weet ek is vuur en vlam vooruit
 Ek wil alles gee
 My hart my liefde en soveel meer
 Jy laat dit maklik lyk
 Jy lyk vir my soos Selina Gomez
 En jy skuif die oë perfeksie wat jy is
 Jou woorde melodie
 Ek kan nie dink of antwoorde nie
 Jou lippe vang my
 Dit raak stil
 Die woorde raak verdwaal hier in my mond
 Ek is gekwes ek weet ek is gewond
 En skielik weet ek dat jy
 Die eksie in perfeksie sit
 Jy laat, jy laat, jy laat dit so maklik lyk
 Jy weet, jy weet net wat doen daai stoute kyk
 Met die hart van my
 Kan ek seblief net my asem weer terug kry?
 Jy laat, jy laat, jy laat dit so maklik lyk
 Jy weet, jy weet ek is vuur en vlam vooruit
 Ek wil alles gee
 My hart my liefde en soveel meer
 Jy laat dit maklik lyk
 Is dit 'n droom of dans ek en jy nou saam?
 Maak toe my oë ek wil net die oomblik raam
 Net hier en nou
 Hier saam met jou

Audio Features

Song Details

Duration
03:43
Tempo
118 BPM

Share

More Songs by Brendan Peyper

Albums by Brendan Peyper

Similar Songs